Flag of Cuba logo vector
>> Download Flag of Cuba logo vector free now
About Flag of Cuba
Cuba, amptelik die Republiek van Cuba, bestaan uit Kubaeiland, die grootste van die Groot Antille, die Isla de la Juventud en ‘n aantal kleiner nabygelee eilandjies. Cuba is in die noordelike deel van die Karibbiese Gebied gelee naby die samekoms van die Karibbiese See, die Golf van Meksiko en die Atlantiese Oseaan. Cuba is suid van die VSA en die Bahamas, wes van die Turks- en Caicos-Eilande en Haiti en oos van Meksiko waarvan dit deur die Straat van Yucatan geskei word. Die Kaaimanseilande en Jamaika is suid van Cuba gelee.
Cuba is die land met die grootste bevolking in die Karibiese Eilande. Die land se kultuur en gebruike is afkomstig uit verskeie bronne insluitend die oorspronklike Taino en Ciboney bewoners, die Spaanse koloniale tydperk, slawe uit Afrika en die nabygelee VSA. Die eiland het ‘n tropiese klimaat wat as gevolg van die omliggende see redelik matig is. Die warm water van die Karibiese See en die eiland se ligging voor die Golf van Meksiko maak Kuba kwesbaar tot gereelde orkane.
Cuba is aan die einde van die 15de eeu deur Spanje ontdek en gekoloniseer. In teenstelling met die res van Spaans-Suid-Amerika, wou Spanje Cuba in die 19de eeu as ‘n kolonie behou en bereik dit eers in 1902 na ingryping van Amerika onafhanklikheid. Vandag is die land is amptelik ‘n sosialistiese staat en word dit sedert 1959 deur Fidel Castro geregeer. Die hoofstad is Havana en die amptelike taal is Spaans.